Britte wil ook visumverbod op Israelse setlaars plaas

Die Britse regering maak gereed om sanksies teen Israelse inwoners in te stel wat verantwoordelik is vir aanvalle op Palestyne in die Wesoewer. Die stap volg op die VSA se aankondiging verlede week dat hy ‘n visumverbod instel teen Israelse setlaars vir wat hy noem ekstremistiese geweld, en dat hulle nie na Amerika sal kan reis nie. Die Britse minister van Ontwikkeling en Afrika, Andrew Mitchell, sê geteikende moorde op burgerlikes in die Wesoewer is skokkend en hulle eis dat die skuldiges vervolg en gestraf word.