Britte vertrou EU meer as Westminster

Die World Values Survey toon mense in Brittanje het meer vertroue in die Europese Unie as in die Verenigde Koninkryk se Parlement. Die vertroue in instellings is in 24 nasies gemeet, onder andere in Kanada en Suid-Korea. Die opname toon sedert die Verenigde Koninkryk ten gunste van Brexit gestem het, het die verhouding van mense wat sê hulle het vertroue in die Parlement met tienpersentasiepunte tot 22 persent afgeneem. Slegs 24 persent van mense het gesê hulle is tevrede dat die Verenigde Koninkryk gestem het om die EU te verlaat, terwyl 49-persent gesê het hulle is teleurgesteld.