Britte stuur missiele na Oekraïne

Brittanje stuur nog 650 bykomende kortafstandmissiele na Oekraïne in sy stryd teen Russiese magte wat die land binne val. Die president van Oekraïne, Volodomyr Zelensky, het by ʼn verdedigingsberaad by die Ramstein-lugmagbasis in Duitsland weereens ʼn beroep om hulp aan sy bondgenote gerig. Volgens Zelensky is hy dankbaar maar het gepleit vir goedkeuring om Westerse langafstandmissiele vir teikens in Rusland te gebruik. Die beraad by Ramstein volg slegs dae nadat minstens 51 mense dood is in ʼn Russiese missielaanval op Poltava in die sentrale deel van Oekraïne.