Britte stel sanksies in oor Wesoewer geweld

Die Britse regering het sanksies ingestel teen drie onwettige setlaar-buiteposte en vier organisasies wat geweld teen gemeenskappe in die Wesoewer ondersteun en borg. Dit volg ná ʼn ongekende toename in setlaar-geweld in die Wesoewer die afgelope jaar. Die Verenigde Nasies het sedert Oktober verlede jaar meer as 1 400 aanvalle deur setlaars op Palestynse gemeenskappe aangemeld. Die Verenigde Koninkryk se minister van buitelandse sake, David Lammy, sê die Israelse regering se gebrek aan optrede het ʼn omgewing van strafloosheid bevorder waar geweld deur setlaars toegelaat is om voort te gaan.