Britte sanksioneer SA goud-man oor Rusland
Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê die Britse regering het sanksies ingestel teen die eienaar van een van Suid-Afrika se grootste goudraffinaderye omdat hy Rusland na bewering gehelp het om die uitwerking van internasionale sanksies te ontduik. Die eienaar van Rappa Refinery naby Johannesburg, Howie Baker, was ‘n sleutelfiguur in die omvattende Suid-Afrikaanse geldwasserynetwerk wat deur Al Jazeera se ondersoek na die Goud-mafia blootgelê is. Volgens Abramjee word Suid-Afrika geplunder deur transnasionale georganiseerde misdaadbendes terwyl eerlike, hardwerkende burgers ontneem word van die dienste wat hulle broodnodig het.