Britte sal weggooi-damprooktoestelle verbied

Die Britse regering gaan vanaf Junie volgende jaar die verkoop van weggooi-damprooktoestelle in Engeland verbied weens omgewingskade en verbruik deur jongmense. Byna een uit elke vyf kinders tussen 11 en 17 het reeds damprook probeer hoewel verkope aan minderjariges onwettig is. Die Arbeidersregering beplan wyer wetgewing teen nikotiengebruik, en beskryf dit as die grootste openbare gesondheidsveldtog in ‘n generasie. Ondersteuners sê damprook help rokers ophou rook, maar die owerhede is bekommerd oor die gewildheid daarvan onder kinders. Vyf-miljoen toestelle word weekliks weggegooi en veroorsaak omgewings- en brandgevare.