Britte sal nie gevangenes uitruil met Rusland nie

Die Britse regering het oproepe verwerp dat ʼn gevangene uitgeruil word vir die vrylating van Vladimir Kara-Murza, wat dubbele Britse-Russiese burgerskap het. Hy is ʼn gewese joernalis wat 25 jaar tronkstraf vir hoogverraad in Moskou uitdien. Kara-Murza het twee voorvalle van vergiftiging, waarvoor hy Russiese owerhede blameer, oorleef. Hy verwerp die aanklagte teen hom en sê dis omdat hy hom teen president Vladimir Putin uitspreek. Lede van die Britse parlement het ná Alexei Navalny se dood vrese uitgespreek dat Kara-Murza volgende kan wees. Die regering sê hy doen alles moontlik om Kara-Murza se vrylating te bewerkstellig.