Britte het dalk bewyse van oorlogsmisdade in Gaza

Brittanje het bevestig hy kan dalk bewyse van moontlike oorlogsmisdade in Gaza aan die Internasionale Geregshof oorhandig. Die bewyse is ingesamel deur vlieëniers van die Koninklike Lugmag se spioenasievliegtuie tydens honderde vlugte oor die gebied sedert Desember. Dit is volgens berigte gedoen om intelligensie in te samel in die soektog na gyselaars wat Hamas in Oktober verlede jaar in Israel geneem het. Sky News berig die Lugmag sê Brittanje sal ‘n versoek van internasionale ondersoekers oorweeg om die bewyse te oorhandig.