Britte betaal N$4 000 vir TV-lisensies

Die TV-lisensies wat vir Brittanje se BBC betaal gaan burgers nou die ekwivalent van 4 000 Namibiese dollar per jaar kos. In Namibië kos die lisensie 204 Namibiese dollar. Die Britse mediaminister Lucy Frazer het ‘n verhoging van 10 pond 50 in die fooi aangekondig, tot 170 pond. Die lisensiefooi was eintlik nog altyd duur en was gevries op 159 pond tot die skerp styging in inflasie. So daar het jy dit. Hou op kla en betaal jou TV-lisensie.