Britte aanvaar Russiese atlete

Olimpiese Spele: Die Britse Olimpiese Vereniging sê hulle sal atlete van Rusland en Belarus aanvaar om aan volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys deel te neem, maar slegs indien hulle as neutrale atlete meeding. Die Internasionale Olimpiese Komitee moet nog besluit of hulle atlete van Rusland en Belarus gaan toelaat om in enige vorm aan die Spele in Parys deel te neem. Die besluit word vroeg volgende jaar verwag. Die vereniging se uitvoerende hoof, Andy Anson, sê hulle wil nie aanhoudend atlete straf vir die konflikte wat oral in die wêreld aangaan nie.