Brittanje se mees suksesvolle vroue Olimpiese deelnemer tree uit
Fietsry: Brittanje se mees suksesvolle vroue Olimpiese deelnemer, Laura Kenney, het haar uittrede aangekondig, vier maande voor die Spele in Parys. Sy het vyf Olimpiese goue medaljes ingepalm, sowel as sewe Wêreldkampioenskap-titels. Die 31-jarige Kenney sê sy het altyd geweet sy sal besef wanneer dit tyd is om halt te roep. Sy is getroud met die voormalige fietsryer Jason Kenney, wat Brittanje se Olimpiese held is met die meeste medaljes. Kenney sê dit het al hoe moeiliker geword om haar twee jong kinders by die huis te los.