Brittanje kyk na reuse-kernaanleg

Die Britse regering sê hy oorweeg planne om ʼn nuwe grootskaalse kernaanleg te bou wat Brittanje se grootste kernkraguitbreiding in 70 jaar sal wees. Kernkrag voorsien tans sowat 15-persent van die Verenigde Koninkryk se elektrisiteit. Die regering hoop om teen 2050 ʼn vloot kernreaktors te bou wat 24 gigawatt kan lewer. Dit is genoeg om aan ʼn kwart van die nasionale energie-behoefte te voldoen. Eerste minister Rishi Sunak sê kernkrag is die perfekte oplossing vir die energie-uitdagings waarmee Brittanje te kampe het.