Brittanje gaan migrante na Rwanda stuur

Brittanje gaan kragtens ‘n omstrede ooreenkoms migrante en asielsoekers wat oor die Kanaal gekom het, na Rwanda stuur. Eerste minister Boris Johnson se regering probeer toeslaan op die rekord-aantal mense wat die gevaarlike reis onderneem. Johnson het in ‘n toespraak gesê van vandag af sal enigeen wat die Verenigde Koninkryk onwettig inkom, sowel as dié wat van 1 Januarie af onwettig aangekom het, na Rwanda gestuur word. Hy noem die land in Oos-Afrika een van die veiligste plekke op aarde, wat wêreldwyd erkenning kry vir sy verwelkoming en integrasie van migrante.