Britse vloot sal Oekraïne in Swartsee bystaan

Brittanje gaan twee van sy Koninklike vloot myn-opsporingsskepe na Oekraïne stuur om Russiese myne in die Swartsee op te spoor en Kiëf te help om sy uitvoere ter see te beskerm. Oekraïne se vermoë om dit te kan doen is ernstig gekortwiek sedert die Russiese president, Vladimir Putin, se inval verlede jaar en sy blokkade van die Swartsee. Die Britse minister van Verdediging, Grant Shapps, sê die inisiatief sal Oekraïne se vermoë versterk om sy gebiedswater te verdedig en veiligheid in die Swartsee aanhelp.