Britse verpleër aangekla van moord op 7 babas

‘n Jong verpleegkundige staan in ‘n Britse hof tereg vir die moord op sewe babas en poging tot moord op nog tien. Die 32-jarige Lucy Letby word daarvan aangekla dat sy vir ‘n jaar op ‘n moordtog was in die eenheid vir pasgebore babas van die Countess of Chester-hospitaal in Chester, Engeland. Sy ontken die aanklagte. In die jongste getuienis word beweer dat Letby lug in ‘n babaseun se maag ingespuit het deur ‘n neusbuis, sodat hy nie kon asemhaal nie. Dit het na bewering net ses-dae ná haar eerste moord in Junie 2015 gebeur.