Britse verpleegpersoneel beplan om te staak

Verpleegpersoneel in Brittanje beplan om soos werkers in verskeie ander sektore te staak omdat hul salaris nie tred hou met hoë inflasie nie. Dit sal bydra tot die uitdagings wat eerste minister Rishi Sunak midde ‘n ekonomiese krisis die hoof moet bied. Volgens die Royal College of Nursing gaan sowat 300 000 verpleegpersoneellede voor Kersfees staak, wat daartoe sal lei dat onder meer operasies afgestel moet word. Werkers in verskeie sektore, insluitende spoorwegwerkers, het die laaste paar maande gestaak omdat hul salarisse nie byhou met inflasie nie. Onderwyspersoneel gaan ook nou oor ‘n moontlike staking stem.