Britse universiteite het voedselbanke vir sukkelende studente

Een uit vier Britse universiteite moet voedselbanke hê om te verseker studente het ‘n maaltyd. Daar word beaam dat die stand van sake aangedryf word deur die afskaffing van toelae en studielenings wat nie alle kostes dek nie. Josh Freeman van die Hoër Onderwys Beleidsinstituut in Brittanje sê studente is uiters kwesbaar vir stygende lewenskostes.