Britse toeris doodgesteek buite Spaanse nagklub

‘n Britse toeris is voor ‘n nagklub naby Barcelona in ​​Spanje, doodgesteek. Die polisie het bevestig daar was ‘n sterfte en nog ‘n persoon is beseer en hospitaal toe geneem. Volgens SkyNews was daar vanoggend in die vroeë oggendure ‘n bakleiery voor die Oxygen-nagklub en is die toeris op die toneel dood verklaar. Die Katalaanse polisie het in ‘n verklaring gesê hulle ondersoek die gewelddadige dood van ‘n 31-jarige man.