Britse regering wend laaste poging aan oor Rwanda-program
Die Britse regering sal volgende week probeer om regters by die land se hooggeregshof te oorreed om sy plan om asielsoekers wat in klein bote oor die Kanaal aankom na Rwanda te deporteer as wettig te verklaar. In ‘n slag vir premier Rishi Sunak se regering en sy belofte om die bote te stop, het die Londense appèlhof in Junie beslis dat die skema om tienduisende migrante na Oos-Afrika te stuur, nie wettig was nie. Die hof het beslis Rwanda kan nie as ‘n veilige derde land behandel word nie.