Britse premier sê 7 Oktober ‘dag van hartseer’

Britse premier Keir Starmer sê Hamas se aanvalle op 7 Oktober verlede jaar op Israel was die bloedigste dag vir die Joodse volk sedert die Holocaust. Hy het in die parlement gesê dit is ook ‘n dag van hartseer vir die wyer streek. Die menslike tol onder onskuldige burgerlikes in Gaza is werklik verwoestend en die konflik is ‘n lewende nagmerrie. Starmer beklemtoon sy regering staan ​​saam met alle onskuldige slagoffers in Israel, Gaza, die Wesoewer, Libanon en verder. Hy sê alle kante moet nou terugstaan en die moed van selfbeheersing vind om die oorlog te beëindig.