Britse premier hou Rusland dop

Die Britse eerste minister Rishi Sunak het al die partye in Rusland gemaan om verantwoordelik op te tree en burgerlikes te beskerm. Sunak het reageer op die Wagner-huursoldategroep se muitery Saterdag in Rusland. Hy sê die VK het met die Amerikaanse President Joe Biden, die Franse President Emmanuel Macron en die Duitse kanselier Olaf Scholz oor die situasie beraadslaag. Sunak sê sy regering hou ‘n geruime tyd reeds die interne bedreigings vir President Vladimir Putin dop.