Britse owerhede meld vreemde hommeltuie by lugmagbasisse aan

Ongeïdentifiseerdehommeltuie is verlede week opgemerk oor drie Amerikaanse lugmagbasisse in Brittanje. Volgens die Amerikaanse Lugmag is klein, onbemande lugstelsels tussen 20 en 22 November waargeneem. Die basisse word deur die Amerikaanse Lugmag gebruik en dit is nog nie duidelik of die hommeltuie as vyandig beskou is nie. Die lugmag sê hy behou die reg voor om installasies te beskerm maar het nie onthul of enige verdedigingsmeganismes gebruik is nie. ‘n Woordvoerder van die VK se Ministerie van Verdediging sê hulle beskou dreigemente as ernstig en onderhou sterk maatreëls by verdedidingspersele. Dit sluit teenhommeltuigvaardighede in.