Britse lugmag onderskep Russie bomwerpers

Die Britse regering het bevestig twee Typhoon-vegvliegtuie van die Koninklike Lugmag het twee Russiese bomwerpers noord van Skotland onderskep. Die stralers het van die Lugmagbasis Lossiemouth opgestyg sodat die vlieëniers die Russiese vliegtuie in die internasionale lugruim kon monitor. Daar word berig ‘n brandstofhervullingstuig was ook vir die duur van die sending in die lug sodat hulle in die lug brandstof kon inneem, indien nodig. Die owerhede sê Russiese vegvliegtuie is dikwels ‘n gevaar omdat ander lugverkeer nie van hulle teenwoordigheid bewus is nie.