Britse kindermoordenaar toegesluit twee maande na parool

‘n Britse kindermoordenaar wat twee maande gelede op parool vrygelaat is, is terug agter tralies nadat hy na bewering by jong meisies toenadering gesoek het. Colin Pitchfork is aanvanklik tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op twee 15-jarige meisies, Lyna Mann en Dawn Ashworth, in Leicestershire in die 1980’s. Hy is in 2018 na ‘n oop tronk verskuif en in September vrygelaat. Volgens berigte het paroolpersoneel bekommerd geraak toe hy talle jong vroue genader het nadat hy die parool-hostel waar hy gebly het, verlaat het.