Britse Hoë Kommissariaat bevestig IPC-brief is vals

Die Britse Hoë Kommissaris Charles Moore het in ‘n brief aan Panduleni Itula van die IPC bevestig dat die sogenaamde brief deur die Britse LP Sarah Champion aan die voormalige minister van buitelandse sake David Cameron vals is. Die brief het vroeër aan die lig gekom en lelike aantygings gemaak dat die party ‘n skenking van 750 000 Britse pond en voertuie van die Britse regering ontvang het met die doel om voordeel uit die oliebedryf te trek. Moore sê die Verenigde Koninkryk sal nie ondersteuning of befondsing aan enige politieke party in die land bied nie.