Britse ekonomie steier, BBP krimp

Die Britse ekonomie het in die derde kwartaal afwaarts beweeg wat die vooruitsig belemmer, met ʼn algemene verkiesing wat aanstaande jaar moet plaasvind. Die Kantoor vir Statistieke sê die bruto binnelandse produk het tussen Julie en September met 0,1 persent ingekrimp. Dit is ʼn daling teenoor die aanvanklike vooruitskatting van nul-groei, aangesien ʼn styging in rentekoerse en hoё rentekoerse die ekonomie laat steier het.