Britse dokters gaan voort met staking

Owerhede in Engeland het ʼn waarskuwing aan pasiënte uitgereik oor ʼn moontlike ontwrigting van gesondheidsorgdienste weens ʼn staking van 72 uur deur dokters in hospitale. Die staking word gelei deur die komitee van junior dokters van die Britse Mediese Vereniging en eis salarisverhogings van 35 persent wat tred hou met inflasie. Die regering sê egter hy kan nie aan hierdie eise voldoen nie. Die dokters is vasbeslote om met die staking voort te gaan totdat aan hulle eise voldoen word.