Britse brief oof IPC is vals

Kosmos 94.1 Nuus het op 4 Julie, toe die sogenaamde Britse LP Carah Champion aan Lord David Cameron geskryf het oor die IPC, die brief aangestuur aan Namibia Fact Check. Die brief is vanoggend bevestig as vals, nes die IPC en die Britse regering, deur die Britse Hoë Kommissaris in Namibië, dit bestempel het. Namibia Fact Check sê die brief is nie geskryf of gepubliseer op skryfbehoeftes van die Britse parlement nie en die webadres bestaan nie. Daar is wel korrespondensie tussen Champion en Cameron vanaf 21 Mei en 24 Mei gepubliseer, maar niks vanaf 23 Mei nie. Dit het egter duidelik geword dat voorbeelde van amptelike korrespondensie maklik afgelaai en gemanipuleer kan word. Die brief het haglike insinuasies oor die IPC gemaak, veral in verband met die ontluikende olie-industrie.