Britse Arbeidersparty ondersteun tribunaal om Rusland te ondersoek

Stephen Kinnock, die Britse skaduminister van immigrasie, sê hy ondersteun die Oekraïnse presidentsvrou Olena Zelenska se versoek aan Brittanje vir ‘n tribunaal om Rusland vir oorlogsmisdade te vervolg. Zelenska is op besoek aan die Verenigde Koninkryk. Kinnock voeg by dat Arbeidersparty sal doen wat nodig is om Rusland tot verantwoording te roep.