British Airways vlieg nie meer Beijing toe nie

British Airways het die skrapping aangekondig van sy vlugte tussen Londen en die Chinese hoofstad Beijing. Die redery sê dit geld van die einde van Oktober af vir minstens ‘n jaar. Die lugredery skryf die besluit toe aan swakker aanvraag, en ‘n verbod op Britse vlugte oor Russiese lugruim wat reise op sommige roetes langer maak. Passasiers wat reeds kaartjies gekoop het, sal geskakel word om herbesprekings of ‘n volle terugbetaling aan te bied. Vlugte na Shanghai en Hong Kong word nie geraak nie.