Brit vat Beyond the Ultimate, Namibiërs vaar uitstekend
Die Beyond the Ultimate Desert Ultra het laat Vrydagaand by die Save the Rhino-trust tot ‘n einde gekom. Daar was 35 atlete van regoor die wêreld met drie Namibiërs wat deelgeneem het. Die Britse ultra-atleet, Jon Shield het hom gevat en sommer geskiedenis gemaak deur die eerste manlike atleet te word wat elke marathon in die Ultimate Global Race-reeks gewen het. Riana Scholtz van Ultra Trails het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die oorblywende twee Namibiërs, Naude Dreyer en sy neef Naude Muller het baie goed gevaar.