Bring dienste na Farm 37, vra burgemeester

Farm 37 buite Walvisbaai, beter bekend onder inwoners as Green Valley, is amptelik tot ‘n nuwe township geproklameer, na aanleiding van Narraville, wat 61 jaar gelede gestig is. Die nuwe woonbuurt, sowat nege kilometer oos van Walvisbaai, kan potensieël sowat 30 000 inwoners huisves. Trevino Forbes, burgemeester van Walvisbaai, doen ‘n beroep op die sakegemeenskap, sowel as diegene in die onderwys, polisie, hospitale en godsdienssektore, om die raad by te staan om broodnodige dienste nader aan inwoners van Farm 37 te bring. Kosmos 94.1 Nuus het met Forbes gesels, wat sê dat die raad hard werk om die lewe draaglik te maak vir mense wat daar woon. Tans kry diegene wat by Farm 37 woon gratis dienste, soos water, van die Walvisbaai munisipaliteit .