Brics sal ook handelsektor bevoordeel
Die Brics-beraad bly in die nuus. Die buurland se handelsdepartement voorspel die handelsektor sal voordeel trek uit die 15de Brics-beraad wat volgende week in Sandton, Johannesburg, aangebied word. Daar sal na verwagting meer as 60 leiers uit verskeie lande wees, wat ‘n platform bied vir besprekings en samewerking oor handelsverwante sake. Die direkteur-generaal van handel, Lerato Mataboge, sê die hoof-doelwit is om langtermynwinste vir die handelsektor te verseker deur strategiese verbintenisse en vennootskappe wat tydens die beraad gesmee word: