Brics-sakeraad fokus op tegnologie
Die Digitale Ekonomie-werkgroep van die Suid-Afrikaanse Brics-sakeraad pleit vir die integrasie van die vierde mywerheidsrevolusie. Die pleidooi beklemtoon die belangrikheid van tegnologie en vernuwing om volhoubare groei aan te vuur. SA Brics se digitale voorsitter, Ziaad Suleman, het op die sakeraad-seminaar oor energie in Johannesburg die dringende behoefte beklemtoon vir die regering om die vierde nywerheids-revolusie voor te staan terwyl hulle mense met vaardighede toerus.