Brics oorweeg olie-aankope in eie geldeenhede

Daar word berig dat die Brics-groepering weer besprekings oor die handel in olie in Amerikaanse dollar laat herleef. Indië het onlangs in sy roepee olie by Rusland aangekoop. Sou die groep die aanslag aanvaar kan dit ‘n wesenlike impak op die dollar hê, veral omdat Brics uitbrei en groot olie-verbruikers insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die beleggingsekonoom en olie-kenner Dawie Klopper gesels.

Hy sê ‘n standaardprys vir olie is nodig en dit is die Amerikaanse dollar.