Brics-leiers sal uitbreiding bespreek in Augustus
Brics-leiers gaan die uitbreiding van die organisasie bespreek tydens hierdie maand se 15de beraad in Suid-Afrika, met 23 lande wat belangstelling getoon het. Voorbereidings is sedert Januarie aan die gang, met verskeie vergaderings waar politieke, ekonomiese en maatskaplike samewerking bespreek is. Die buurland se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê alles is gereed vir die geleentheid in Sandton, Johannesburg, wat volgens beplanning sal voortgaan. Sy sien die belangstelling as ‘n erkenning van Brics as ‘n kampvegter van die globale suide se belange: