Brics-lande wil afhanklikheid van Amerikaanse dollar verminder

President Cyril Ramaphosa sê die Brics-lande is gereed om hervorming in die wêreld se finansiële stelsels aan te pak. Hy het vandag die uitkomste bekendgemaak van die 15de Brics-beraad in Johannesburg. Die Nuwe Ontwikkelingsbank wat Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China gevestig het, maak deel uit van ‘n opbouende plan om minder afhanklik te wees van die dollar. Ramaphosa sê besprekings is gevoer oor plaaslike valutahandel en alternatiewe betalingstelsels.