Brics: Cyril sê SA bly neutraal, ook in oorlog in Oos-Europa
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is verbind tot ‘n beleid van onverbondenheid en die land het druk weerstaan om kant te kies vir enige wêreldmag of invloedryke groepering van lande. Die land het onder groot kritiek deurgeloop weens sy neutrale houding in die Rusland/Oekraïne-konflik. Ramaphosa sê tydens die Koue Oorlog is baie Afrikalande se stabiliteit en soewereiniteit ondermyn, as gevolg van hulle verbondenheid aan belangrike magte. Hy sê Suid-Afrika gaan nie deur een land oorheers word nie: