BRICS-blok sal verder groei

Rusland sal die BRICS-beraad in Kazan van môre tot Donderdag aanbied en sal na verwagting die uitbreiding van die groep, die skepping van ‘n gemeenskaplike BRICS-geldeenheid, ekonomiese samewerking en globale uitdagings bespreek. Die beraad kan aansienlike implikasies vir die globale ekonomiese en politieke orde hê. Kosmos 94.1 Nuus het met Josef Sheehama plaaslike Namibiese ekonoom gesels.