Brics-blok kry vyf lede by

Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate het bevestig dat hulle by die Brics-blok aansluit nadat hulle verlede jaar genooi is, sê Suid-Afrika se buitelandse sake-minister, Naledi Pandor. Lede sê die stap sal help om ‘n wêreldorde wat hulle as verouderd beskou, te hersien. ‘n Uitnodiging om by die blok aan te sluit is ook aan Argentinië gerig, maar die land het dit van die hand gewys.