Brics bespreek Gaza-oorlog

President Cyril Ramaphosa lewer vandag in sy hoedanigheid as die voorsitter van die Brics-groep van lande, die openingsrede op die buitengewone gesamentlike vergadering van Brics oor die situasie in Gaza. Die vergadering vind virtueel plaas en  bestaande lede van Brics asook leiers van Saoedi-Arabië, Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate sal dit bywoon. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sal na verwagting ook deelneem. Die leiers sal ‘n gesamentlike verklaring uitreik oor die huidige situasie in Gaza, wat internasionale samewerking oor die krisis onderstreep.