BRICS-beraad sluit af

Die leiers van BRICS, Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China, het die verklaring van die Kazan-beraad aanvaar, wat die uitkomste van die 16de BRICS-vergadering in Rusland opsom. Russiese president, Vladimir Putin, het voorgestel die verklaring word aanvaar tydens die beraad wat van Dinsdag tot vandag plaasgevind het. Die volledige verklaring sal die uitbreiding van BRICS en internasionale kwessies aanspreek, insluitend ‘n verklaring oor die krisis in Oekraïne, wat sonder teenstem aanvaar is. Die beraad was ‘n mylpaal aangesien Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate as nuwe, volle lede teenwoordig was.