Brics-beraad sal nie verskuif word nie – Presidensie

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het berigte ontken dat die Brics-beraad, wat in Augustus plaasvind, van Suid-Afrika na China verskuif kan word. Daar was vroeër gerugte dat die beraad wel verskuif sou word omdat President Vladimir Putin dit sal bywoon en ingevolge die Rome-statuut, moet Suid-Afrika hom arresteer. Woordvoerder, Vincent Magwenya, sê daar is geen verskuiwing nie. Hy sê die beraad, waaraan leiers van die lidlande Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika deelneem, sal voortgaan soos beplan: