Brics-beraad: Immuniteit in SA-staatskoerant gepubliseer

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, se kennisgewing dat alle internasionale amptenare wat Brics-geleenthede in die land bywoon volgens die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte beskerm word, is in die staatskoerant gepubliseer. Dit beteken die land verleen diplomatieke immuniteit aan amptenare wat Donderdag die vergadering vir Brics-ministers van Buitelandse Sake in Kaapstad bywoon, asook dié wat in Augustus die jaarlikse Brics-beraad in Johannesburg bywoon. Dit baan moontlik die weg vir die Russiese President Vladimir Putin om die beraad bywoon. Die Internasionale Strafhof in Den Haag het in Maart ‘n lasbrief vir Putin se inhegtenisneming uitgereik.