BRICS-beraad begin in Rusland

President Cyril Ramaphosa neem van vandag tot Donderdag deel aan die 16de jaarlikse BRICS-beraad in Kazan, Rusland. Die beraad is onder die tema, Versterking van Multilateralisme vir Regverdige Globale Ontwikkeling en Sekuriteit. Die presidensie sê Suid-Afrika se deelname aan die BRICS-groepering is om die land se toekomstige groei en ontwikkeling te bevorder. Ramaphosa sê BRICS het ‘n belangrike rol in die wêreld:

Ramaphosa het vroeër ‘n beroep op BRICS-lande gedoen om meer te belê in die vasteland.