Brian May herstel van beroerte, kan weer tokkel
Sir Brian May het bekendgemaak hy het onlangs ʼn ligte beroerte gehad waarna hy beheer oor sy linkerarm verloor het. Die 77-jarige kitaarspeler van Queen het die nuus in ʼn video op sosiale media gedeel en ondersteuners verseker hy kan nou weer speel. Hy sê dit was aanvanklik verontrustend om nie jou linkerarm te kan gebruik nie. Sir Brian het in 2020 ʼn hartaanval gehad en moes ʼn noodoperasie ondergaan. Sy hartprobleme is ontdek nadat hy ʼn boudspier geskeur het terwyl hy in die tuin gewerk het.