Brian Laurie het sy eie lewe geneem

Brian Laundrie het sy eie lewe geneem deur homself in die kop te skiet, het sy familie se prokureur aan Amerikaanse media gesê. Laundrie het in September in Florida verdwyn enkele dae nadat sy meisie, Gabby Petito, in Wyoming weggeraak het. Haar lyk is op 19 September gevind. Laundrie het net voor dit spoorloos verdwyn. Hy is nie van haar moord aangekla nie, maar wel van bedrog omdat hy haar bankkaart na haar dood gebruik het.