Breyton Paulse se ma en tante verdrink by Hermanus

Die Nasionale Seereddingsinstituut in Suid-Afrika het gereageer nadat ooggetuies volgens berigte gistermiddag twee klaarblyklik lewelose liggame naby die Ou Hawe in Hermanus in die Wes-Kaap sien dryf het. Die twee is na bewering die ma en tante van die voormalige Springbok-rugbyspeler, Breyton Paulse. Volgens ‘n berigte het Paulse die nuus in ‘n WhatsApp-boodskap bevestig. ‘n Woordvoerder van die instituut, Craig Lambinon, sê die twee susters van 60- en 61-jaar oud het vermoedelik verdrink: