Breyton Paulse gesels met Kosmos-luisteraars oor die rugby…

Die spanning loop hoog vir vanmiddag se Rugby Kampioenskapswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad. Die Bokke het laasnaweek in Johannesburg met 31-27 gewen en daar is baie op die spel vanmiddag. Oud-Bokspeler en nou rugbykommentator Breyton Paulse het sy mening oor die wedstryd spesiaal met Kosmos 94.1 se luisteraars gedeel.