Brent sak terug, kenners sê gemiddelde prys sal vanjaar laer wees

Brent ru-olie verhandel op die oomblik rondom 70 Amerikaanse dollar ‘n vat na die kommoditeit met amper 12 persent verlede week teruggesak het. Die prys reageer op die oomblik op die krisis met Credit Suisse, al het UBS, Switserland se grootste bank, ‘n reddingsboei aangebied en die bank aangekoop het. Sentrale banke het ook na vore getree en likiditeit en mark ondersteuning aangebied om te verhoed dat die bankkrisis versprei. Die Amerikaanse reserwebank sal ook na verwagting Woensdag sy rentekoers met 25 basispunte opstoot wat die dollar verder sal versterk en olie afdwing.  Opul vergader weer op 3 April en sal na verwagting daaglikse produksie weer met 2 miljoen vate daagliks verlaag. Kenners meen ‘n gemiddeld van 100 Amerikaanse dollar per vat Brent vanjaar sal nie meer realiseer nie.